The Ibis Lounge

May 23, 2019

 

The Ibis Lounge bied akkommodasie in 'n Karoo-styl met 'n keuse tussen The Karoo Room, Amore Room of The Happy Room. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer, 'n stort, elektriese komberse, verwarmer, waaier, toiletware, DStv en meer. Gaste kan gedurende die somer van die swembad gebruik maak en daar is 'n vuurmaakplek op die stoep.

The Ibis Lounge se privaat eetkamer is oop vir etes vir gaste en het 'n diverse spyskaart wat burgers, pitas, steaks, pasta en kerrie insluit. 'n Verskeidenheid koffies word bedien en gebak word op die perseel gemaak.

The Ibis Lounge se winkel het 'n reeks styvolle en moderne items met 'n Karoo-tema, soos windpompe, donkies, ogiesdraad en uile. Slegs trots Suid-Afrikaanse, gehalte goedere word in voorraad gehou. Dié hougoed is uniek en handgemaak deur handwerksters.

Voel welkom en geniet die ware Karoo-gasvryheid.

 

Vir enige verdere inligting gaan besoek gerus hulle webwerf by www.theibislounge.co.za

 

Kontak Nommer  :  072 110 6254

 

E-Pos Adres  :  info@theibis.co.za

 

Adres  :  Martinstraat, Nieu-bethesda, 6286,Oos-Kaap

 

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

You Might Also Like:

Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm

September 30, 2019

Zwartmodder

May 28, 2019

1/15
Please reload