Robin's Nest Guesthouse


Robin's Nest is teen die voet van die Onrusberge by die poort tot die Hemel-en-Aarde-vallei geleë. Dit is in die prentjiemooi, rustige en veilige privaat landgoed van Glen Fruin Meadows. Akkommodasie beskik oor 4 volledig toegeruste selfsorg-eenhede wat uitstekende uitsigte op die berge bied. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n kombuisie. Daar is geriewe soos 'n TV met DStv, 'n verwarmer en 'n waaier. Gaste het ook toegang tot 300 MB gratis WiFi per dag.

Ons is 3,5 km van Onrus-strand en die getypoel by Vermont af. Sandbaai is 2 km ver en die beroemde Grotto- en Voëlklip-strande is 8 km van die eenhede af. Hermanus is 3 km weg en 'n gunsteling onder walviskykers gedurende die seisoen.

Vir verdere inligting gaan kyk gerus op hulle webwerf by : www.robinsnest-guesthouse.co.za

Kontak Nommer : +27 (0)28 316 1597

E-Pos Adres : bookings@robinsnest-guesthouse.co.za

Adres : Meadow-laan 10, Glen Fruin Meadows, Onrusrivier, 7201, Wes-Kaap

You Might Also Like: