
The Old Stone House bied gerieflike selfsorgverblyf in Kloof. Dié dorpie is net 25 minute se ry vanaf Durban se pragtige strande. Kloof is in die pragtige Vallei van Duisend Heuwel geleë. Hierdie vallei is bekend vir sy gematigde klimaat en Krantzkloof Natuurreservaat. Die hoof huis is in die 1940's van klip gebou.
Ons het 'n reuse rots-swembad, 'n braai- en kuierarea, en oorgenoeg parkeerplek op die perseel. Daar is ook 'n aparte sitkamer in die hoofhuis beskikbaar. Dit is toegerus met DStv, 'n kaggel en 'n groot verskeidenheid boeke. Soggens word 'n heerlike Engelse ontbyt op versoek in die hoofhuis se eetarea bedien. Sean en Tanya, jou gasheer en gasvrou streef daar na om jou so tuis soos by jou eie huis te laat voel.
Webwerf Adres : www.theoldstonehouse.co.za
Kontak Nommer : 084 777 6565
Adres : Krantzviewstraat 36, Kloof, 3610,KwaZulu-Natal