African Silhouette Guesthouse, Retreat & Tea Garden

May 9, 2019

 

Slegs 20 minute se ry van O.R. Tambo Lughawe, wag ’n spesiale plek vir alle gaste.

Marister is aan die grens van Kempton Park, Bredell Agricultural Holdings en Benoni Agricultural Holdings geleë. Dis ’n pragtige area ver van die stad se rumoer, waar vliegtuie skaars vlieg en plaasdiere, perde, donkies en verskeie voëlspesies hul tuiste vind. Kwekerye met groot bome en inheemse plante kan ook hier gevind word. Gasvryheid was nog altyd, sedert 2006, ’n prioriteit hier.

Ons bied pendeldienste vanaf die lughawe na verskeie bestemmings, en aandete op versoek. Dis ’n rustige plek waar gesinne behoorlik kan ontspan. Gaste kan die hele gastehuis vir 4 tot 16 gaste bespreek, en aande rondom die vuur in die boma geniet. Daar heers ook ’n romantiese atmosfeer vir paartjies en daar is wittebrood-suites beskikbaar met privaat tuine, buitestorte, swembad en ’n koivisdam waar jy ’n skemerkelkie kan geniet en die sonsondergang bewonder terwyl jy na die geroep van voëls luister. Daar is ook die "Bachelor's Pad" vir die sakereisiger. 

Hierdie grasdakhuis met sy landelike gevoel is 'n kombinasie van boustyle en ware Afrika-luuksheid. Dis 'n juweel wat reeds deur verskeie reisigers ontdek is en ons kry gereeld goeie terugvoer van ons gaste. 

 

Webwerf Adres  :  www.africansilhouetteguesthouse.co.za

 

Kontak Nommer  :  083 297 4533

 

Adres  :  119 Karee Avenue,  Marister, Kempton Park, Gauteng

 

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

You Might Also Like:

Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm

September 30, 2019

Zwartmodder

May 28, 2019

1/15
Please reload