
West Nest Lodge is op 'n plaas tussen die dorpe Witvlei en Gobabis in die ooste van Namibië geleë. Die lodge is ideaal vir oornagverblyf, familienaweke, konferensies of troues.
Die luukse suites het lugversorging, TV's, kombuisies wat goed toegerus is en braai-areas. Die grasdak- en tent-chalets het tee- en koffiemaakgeriewe en 'n braai-area is beskikbaar. Die lodge het 'n swembad, restaurant, gimnasium, kroeg, speelterrein, putt-putt, 'n oefenbof, verfbal en voetslaanroetes vir gaste.
Adres : B6, Klein Begin-plaas, Gobabis,Omaheke , Namibie
Webwerf : www.westnestlodge.com
Kontak Nommer : +264 62 570 343