
Die soliede hout- en grasdakstruktuur van die lodge pas mooi in by die Noord-Kaapse landskap.
Diggies Lodge bied gerieflike, ongekunstelde verblyf minder as 5 km van Kimberley se lughawe af.
Verblyf is beskikbaar in standaard-, dubbel- of koninggrootte-kamers. Al die kamers is toegerus met onbeperkte WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe, platskerm LED-TV's, volledige DStv, elektriese plafonwaaiers, linne, badhanddoeke en toiletware. Gaste het toegang tot braaigeriewe en veilige parkeerplek. Verder het ons ook konferensiegeriewe.
Adres : Perseel 112 Landbou-pad, Kimberley,8300, Noord-Kaap
Webwerf : www.diggies.co.za
Kontak Nommer : 060 333 9333