B'sorah Luxury Tented Camp


B'sorah Luxury Tented Camp is naby die Hartbeesportdam en die Magaliesberge geleë, ongeveer 'n uur se ry van Johannesburg en Pretoria af. Alhoewel dit so naby die stede is, bevind gaste hulself in 'n ander wêreld waar hulle Afrika op sy beste kan beleef.

Hier kan jy in 'n natuurlike omgewing ontspan waar voëls se gekwetter, wild wat wei en kabbelende stroompies jou omring. Die plaas van 1600 hektaar bestaan uit digte bos, oop grasveld en rivierplantegroei al langs die oewer van stroompies wat in die Skeerpoortrivier uitloop.

Op B'sorah het is daar tans 4 standaard luukse tente en die Swempie Wittebrood-Suite. Elke tent beskik oor 'n koningingrootte-bed, en suite-badkamer, braai-area en kombuisgeriewe buite op die dek.

Adres : Erfdeel 14, Hartebeeshoek-pad, Broederstroom, 0240, Noordwes

Webwerf : www.bsorah.com

Kontak Nommer : 063 572 1062

You Might Also Like: