Roundstone Mountain Biking and Game Lodge


Roundstone is op 'n 1400 hektaar privaat wildplaas in die ontsagwekkende Waterberge. Die lodge is in die hartjie van Limpopo, net 2 ure van Pretoria af.

Ons het 'n baie groot roete-netwerk vir enige oefenvlak, van beginners tot baie ervare bergfietsryers. Ons het ook die perfekte ligging vir enige doel, van strawwe oefenkampe tot ontspanne wegbreke. Verblyf is beskikbaar in 4 dubbelkamers met en suite-badkamers.

Luisterryke tuine omring die lapa en gaste is welkom om ook daar te ontspan en net die kalmte van die bos te beleef. Saans kan gaste lekker rondom die kampvuur kuier terwyl hulle kyk hoe die wild in die veld om die lodge wei. Rooibokke, koedoes, wildebeeste, sebras, rooihartebeeste, bosbokke, vaalribbokke, kameelperde, blesbokke, vlakvarke, bosvarke, bobbejane, apies en volstruise wei hier rond.

Adres : Erf 253/52, Sterkrivier, 0630, Limpopo

Webwerf : www.roundstonelodge.co.za

Kontak Nommer : +27 (0) 63 156 3867

You Might Also Like: