Aan Die Oewer


Aan die Oewer nooi jou uit om die gerief, rus en vrede van ons 3-ster-geriewe en puik diens te kom ervaar. Die gastehuis is op die oewer van die Sondagsrivier geleë, in 'n stil deeltjie van dié geskiedkundige dorpie. Aan die Oewer bied B&B- en selfsorgverblyf met al die nodige. Met die B&B-opsie is 'n volledige Engelse ontbyt beskikbaar. Ons het 2 gesinseenhede en 5 enkeleenhede wat elkeen 'n privaat ingang, en suite-badkamer, DStv se sport- en fliek-kanale, lugversorging, braaigeriewe en veilige parkeerplek het.

Adres : Op Die Oewer-straat 23, Graaff-reinet,6280, Oos-Kaap

Webwerf : www.aandieoewer.co.za

Kontak Nommer : 049 891 0295

You Might Also Like: