Villa Simonne


Villa Simonne is 'n Art Deco-hotel in die hartjie van Houghton wat verblyf bied en ook dien as 'n venue vir konferensies en ander geleenthede.

Daar is 16 suites met verskillende temas.

Al die suites het Egiptiese linne, platskerm TV's, DStv, telefone, kluise en en suite-badkamers. Daar is ook 'n kombuisie met 'n yskassie, mikrogolf en koffie- en teemaakgeriewe.

Villa Simonne bied opsies vir gaste wat wil herstel en hul batterye wil herlaai. Al die behandelings word gedoen op die perseel deur 'n netwerk van professionele persone in die gesondheidsorg. Dit sluit 'n dieetkundige, terapeut en kliniese sielkundige in. Daar is skoonheidsbehandelings, gesondheidsorg en verskillende terapie-sessies op die "spyskaart".

Adres : West-straat 16, Lower Houghton, Johannesburg, 2198, Gauteng

Webwerf : www.villasimonne.co.za

Kontak Nommers +27 11 728 2001

+27 11 728 2011

You Might Also Like: