La Dolce Vita Gastehuis


La Dolce Vita Gastehuis is n skoon, smaakvolle versierde eenheid met lugversorging en bied verblyf aan in dubbelkamers.

Die eenheid beskik oor 'n toegeruste kombuisie en 'n oopplan-stort met aparte toilet. Gaste kan lekker afkoel in die swembad op warm dae, of ontspan in die boomryke tuin met volop voëllewe. Die binnebraai en stoep is tot jou beskikking, op versoek, en daar is onderdakparkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.

'n Heerlike Engelse ontbyt en 'n tuisgekookte 3-gang-aandete is beskikbaar as opsionele ekstras.

Hierdie eksklusiewe eenheid is in 'n boomryke straat geleë en toegerus met al die nodige geriewe teen bekostigbare tariewe.

Adres : Waverley-weg 76a, Waverley, Bloemfontein, 9301, Vrystaat

Webwerf : www.ladolcevitaguesthouse.co.za

Kontak Nommer : 012 253 5949

You Might Also Like: