Adem Gasteplaas

January 14, 2019

 

Adem Gasteplaas is 17 km oos van Rustenburg in Noordwes.

 

Adem maak voorsiening vir almal se behoeftes met ten volle toegeruste en suite-slaapkamers,  privaat ingange en veilige onderdakparkeerplek

 

Gaste kan die plaasdiere in ons miniatuur-dieretuin kom voer en ons het ook 'n swembad en onderdak-braaigeriewe.   Daar is 'n vlugbalbaan en die kleinspan sal gaande wees oor die trekkerritte wat op versoek gereël kan word.   Doendinge in die omgewing sluit voetslaanpaaie, wandelpaaie, draf, fietsry en wildkykroetes in.

 

Die kamers beskik oor koffie- en teemaakgeriewe en alle geriewe wat jy moontlik sal benodig.   'n Regte plaasontbyt kan vroeg soggens geniet word en driegangmaaltye is ook op versoek beskikbaar.

 

Adres  : Rex, Rhenosterfontein, Kroondal,0350, Noordwes

 

Webwerf  :  www.ademgasteplaas.co.za

 

Kontak Nommer  :   083 635 9233

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

You Might Also Like:

Beach Forest Lodge

March 13, 2020

Marloth Park Sanbonani

March 5, 2020

1/15
Please reload