BETHULIE GUEST FARM

September 25, 2018

 

Bethulie Guest Farm is 'n historiese familiehuis, omring deur die Karoo se grasveld en berge in die agtergrond. Die gasteplaas bied 'n gerieflike oorstopplek vir reisigers in die stil dorpie Bethulie.

 

Dit is ontwerp deur die argitek Sir Herbert Baker. Die huis het 4 ruim en elegante kamers en elkeen het 'n oopplan- badkamer. Dit is pragtig opgeknap en stylvol gemeubileer met die oorspronklike houtvloere en 'n tradisionele Suid-Afrikaanse stoep, waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet terwyl hul oor die ooptes uitkyk.

 

Daar is 'n paar hektaar pekanneutbome op die plaas en die plaaskombuis bedien organiese groente (in seisoen), slaai en heerlike maaltye. Maaltye kan beplan en gereël word volgens individuele voorkeure op versoek.

 

Bethulie is 'n dorpie met verskeie geskiedkundige besienswaardighede en 'n paar klein restaurante. Noord van die dorp is die Bethuliedam met vakansieoorde en 'n natuurreservaat waar inheemse bokke voorkom. Bewonder die sonsondergange van die damwal af of gaan op jou eie wildrit of saam met 'n toergids.

 

 

KONTAK NUMBER:       082 591 8236

WEBWERF ADRES:        www.bethulieguestfarm.co.za 

E-POS ADRES:                 stay@bethulieguestfarm.co.za

ADRES:                           16 Wardaugh Straat, Bethulie, 9992

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

You Might Also Like:

Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm

September 30, 2019

Zwartmodder

May 28, 2019

1/15
Please reload