VAAL MANOR


Vaal Manor wat deel vorm van die La Best groep, is geleë aan die oewer van die Vaaldam, sowat 150 km van Pretoria af. Dié rustige omgewing is 'n toevlug weg van die stres en geraas van die alledaagse lewe.

Vaal Manor beskik oor 5 slaapkamers elk met ‘n privaat badkamer. Die huis het ’n gemaklike groot sit- en eetkamer asook ’n goed toegeruste kombuis vir sorgelose selfsorgverblyf. Vaal Manor is ideaal vir die hele familie, klein spanbou uitstappies asook verlowings partytjies, intieme troues & ander intieme funksies.

Gaste kan kajakke huur, visvang in die dam en in ons lieflike soutwaterswembad afkoel. Daar is 'n groot stoep en braaigeriewe, asook 'n vuurput waar gaste gesellig kan kuier om ’n vuurtjie.

KONTAK NOMMER: +27 (0) 10 786 0075

WEBWERF ADRES: www.vaalmanor.co.za

EPOS ADRES: vaalmanor@labest.co.za

KONTAK PERSOON: Chantél Collocott

SEL NOMMER: +27 (0) 72 272 0187

ADRES : Plot 13, Ring Road West, Vaal Marina, 1945

You Might Also Like: