ATKV OORDE


Die sakeafdeling van die ATKV spog met sewe voortreflike Suid-Afrikaanse vakansieoorde naamlik ATKV-Klein-Kariba, ATKV-Buffelspoort, ATKV-Eiland Spa, ATKV-Drakensville, ATKV-Natalia, ATKV-Hartenbos en ATKV-Goudini Spa. Al hierdie oorde bied bekostigbare huisvesting en fasiliteite wat terselfdertyd van hoogstaande gehalte is.

Negester, ’n breinkind van die ATKV, is aftreedorpe wat deur die ATKV ontwikkel word. Daar is tans twee Negester-aftreedorpe; een grens aan ATKV-Klein-Kariba en die ander een is in Onrusrivier, 20 km van Hermanus af. Die oorde bied sIim beleggingsgeleenthede vir jongmense, én vir die wat jonk van gees is wat rustig wil aftree in die skoonheid en vreedsaamheid van die Bosveld. Ander verkies dalk ’n sorgvrye aftrede by die kus met asemrowende sonsondergange.

Voeg hierby Hartenbos Seefront, ’n lewenstyl kleinhandelsontwikkeling by ATKV-Hartenbos aan die Kaapse suidkus. Hierdie ontwikkeling bestaan uit winkels, restaurante, koffieplekke, ’n water- en vermaakpark, vermaakfasiliteite en parkeerplek vir oordbesoekers van ATKV-Hartenbos en vir dié wat die Hartenbos-dorp besoek.

WEBWERF ADRES: www.atkvoorde.co.za

www.facebook.com/ATKVOORDE

https://www.youtube.com/channel/UChTFoZDq76KNKC2OWoCTxLw

ADRES: 348 Surrey Laan, Randburg , Gauteng

m.me/ATKVOORDE

KONTAK NOMMER; 011 919 9092

E-POS ADRES: atkv@atkv.org.za

oordedigitaal@atkv.org.za

You Might Also Like: