Cape Canopy Tour

June 22, 2018

 

Sweef tussen die berge rond en bewonder die Kaapse fynbos en natuurskoon van bo af, net ’n uur se ry vanaf Kaapstad tussen Grabouw en Villiersdorp. Die zipline-toer sal jou omtrent 4 ure neem en kos om en by R695 per persoon. (As jy ’n Wild Card het, kry jy R40 afslag.) Die tarief sluit die 4×4-rit boontoe, die volle zipline-toer (13 platforms, 11 glybane en ’n swaaibrug), ’n ligte middagete en reën-toerusting (indien nodig) in. Bring net gemaklike stapskoene en warm klere saam. Dié avontuur is egter nie beperk tot die Kaap nie. Jy kan ook gaan sweef in die Magaliesberge, Karkloof, Drakensberge, Tsitsikamma en Magoebaskloof. Kliek gerus op die skakel vir kontakbesonderhede en om meer uit te vind.

 

Kontak Nommer: +27 21 3000 501

Webwerf: https://www.canopytour.co.za

Epos: zipline@capecanopytour.co.za

Address:

GPS: S 34° 04′ 15″, E 19° 02′ 59″

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

You Might Also Like:

Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm

September 30, 2019

Zwartmodder

May 28, 2019

1/15
Please reload