Three Oaks and an Aloe


Aan die voorheuwels van die pragtige Magaliesberge wag 'n luukse en elegante toevlugsoord op jou. Three Oaks and an Aloe Boutique Hotel bied gaste 'n rustige wegkomkans, met fantastiese diens en pragtige geriewe.

Three Oaks and an Aloe Boutiqe Hotel het 17 luukse, goed ingerigte en ruim kamers. Elke kamer het sy eie tee- en koffiemaakgeriewe, 'n platskerm-TV, kroegie, privaat balkon met uitsigte oor die tuin en die Hartbeespoortdam, asook 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n groot stort. Die kamers is perfek vir 'n romantiese wegbreek, met opsionele ekstras soos die kamer wat romanties voorberei word en privaat etes; of vir 'n sakereisiger met min tyd word gratis internet, laat inkloktye en vroeë ontbyt voorsien.

Kontak Nommer: +27 (0)73 502 3320

Webwerf: http://www.3oa.co.za

Epos: info@3oa.co.za

Address: Cableway-straat, R514, Melodie, Hartbeespoortdam, 0216, Noordwes

GPS: S 25°43’20” E 27°53’00”

You Might Also Like: