
Hedge Guesthouse bied gerieflike B&B-verblyf in die stil dorpie Kuruman.
Die huis het 10 luukse kamers met verskillende beddens. Elke kamer het koffie- en teemaakgeriewe, 'n en suite-badkamer en 'n TV met DStv. Een van die kamers het 'n kaggel vir ekstra knus en behaaglike aande - ideaal vir wittebroodsduifies!
'n Heerlike ontbyt word geniet in die ruim eetkamer en daar is braaigeriewe vir selfsorgdoeleindes.
Die tuin en swembad word met kameeldoringbome omring wat skadu bied. Dit is ook die ideale plek om te ontspan in die somer.
Kontak Nommer: 053 712 0038
Webwerf: http://thehedge.co.za
Epos: info@thehedge.co.za
Address: Cowburnstraat 36, Kuruman, 8460, Noord-Kaap
GPS: