La Dolce Vita Guest House


a Dolce Vita Guest House is 'n pragtige gastehuis in die skilderagtige dorpie, Kosmos, en bied 'n tikkie ouwêreldse romanse en 180°-uitsigte oor die Hartbeesboortdam. Dis die perfekte plek vir dekadente pieknieks, bootvaarte met sonsondergang of ontspanne spa-behandelings. Jy kan ook heerlik in jou privaat, luukse suite ontspan. Die suites het ook elkeen 'n privaat en suite-bederfbad of Jacuzzi.

Dis 'n ware toevlugsoord wat uitstaande gasvryheid en buitengewone persoonlike diens aan gaste bied.

Klim aan boord vir 'n uurlange bootrit op die Hartbeespoortdam. Hiér, in die skaduwee van die eeue oue Magaliesberge, sal jy ware rus en vrede vind. La Jennifer is een van die beste bote in Harties en het plek vir altesaam 25 passasiers.

Kontak Nommer: 012 253 5949

Webwerf: http://www.ladolcevitaguesthouse.co.za

Epos: stay@ladolcevitaguesthouse.co.za

Address: Jocelynstraat 105, Kosmos, Hartbeespoort, 0216, Noordwes

GPS: 25° 44′ 31.68″ S 27° 50′ 38.67″ E

You Might Also Like: