Kanonkop House


Kanonkop House staan op die kruin van Kanonkop-heuwel met 'n uitsig oor die strandmeer tot reg by die Knysna Koppe en verder tot by die see. Kanonkop is 'n elegante gastehuis wat deur 'n gesin besit en bestuur word. Dit is in 'n rustige inheemse woud geleë, net 5 minute van die middedorp af. Die perseel spog met 'n swembad, sondek, terras en kroeg en 'n volledige ontbyt, alle drankies, internet, veilige parkeerplek en vriendelike diens is alles by die tarief ingesluit.

Ons het 2 luukse tuin-suites wat elegant, ruim en individueel versier is. Die suites maak oop op 'n groot sondek wat uitkyk oor die swembad en tuin. Elke suite beskik oor die volgende geriewe: 'n aparte bad en stort, rusbanke, satelliet-TV, 'n musiekstelsel, koffie- en teemaakgeriewe en 'n yskassie met komplimentêre drankies. Ons het ook 3 "executive"-suites wat oor die strandmeer uitkyk. Hierdie suites is ekstra groot en uniek versier met addisionele luukshede, pragtige uitsigte en privaat balkonne met onbelemmerde uitsigte oor die woud en strandmeer.

Kontak Nommer: +27 (0)44 382 2374

Webwerf: http://kanonkophouse.com/

Epos: info@kanonkophouse.com

Address: 6 Cuthbert Street, Kanonkop, Knysna, 6570

GPS: 34° 2’10.09″S 23° 1’18.10″E

You Might Also Like: