Fordoun Hotel and Spa


Fordoun Hotel en Spa is in Nottinghamweg in KwaZulu-Natal se Middellande aan die voorheuwels van die Drakensberge geleë. Die hotel is in die groen weivelde van 'n suksesvolle melkplaas, met 'n geskiedenis wat terug dateer na die 1800's. Die oorspronklike plaasgeboue is omskep in 'n elegante, atmosferiese spa, hotel en restaurant met 'n verskeidenheid spa- en ontspanningsgeriewe.

Verblyf word gebied in 22 suites wat in 3 kategorieë verdeel kan word: luukse-, "deluxe"- en superior suites. Fordoun Farm Village is in 'n rustige landelike omgewing wat 'n panoramiese uitsig op die Drakensberge bied en 'n gevoel van ontspanning en romanse skep. Die Farm Village het 9 luukse chalets met slaapplek vir 32 gaste. Alhoewel die Farm Village geskei is van die oorspronklike hotel, restaurant en spa, sal gaste by die Farm Village toegang hê tot die hotelgeriewe.

Kontak Nommer: +27 (0) 33 266 6217

Webwerf: https://www.fordoun.com

Epos: reservations@fordoun.co.za

Address: Nottingham Road, Midlands, KwaZulu-Natal, South Africa

GPS: EAST 30 degrees 1 minute, 50 seconds

SOUTH 29 degrees 19 minutes, 45 seconds

You Might Also Like: