Bona Bona Game Lodge


Die unieke natuurskoon wat Bona Bona Game Lodge omring sal verseker dat gaste luuksheid en gemak ervaar terwyl hulle die skoonheid van Noordwes geniet.

Ons het 15 luukse kamers in die hooflodge, almal en suite. Elke kamer spog met pragtige uitsigte oor die bosveld en die watergat. Die kamers is almal luuks toegerus vir gaste en die kamp is ook rolstoelvriendelik.

Vir die avontuurlustiges bied ons die perfekte plek so entjie vanaf die hoofkamp - die Boskamp, met die natuur op jou voorstoep. Die kamp is bereikbaar met 'n 4x4, en is omring deur kameelperde, verskeie bokke en ander pragtige diere. Daar is 6 grasdak-chalets met slaapplek vir 12 persone. Daar is 'n ablusieblok, en die kamp is toegerus vir selfsorg.

Kontak Nommer: +27(0)18 451 1188

Webwerf: http://www.bonabona.co.za

Epos: info@bonabona.co.za

Address: N12 Tussen Wolmaransstad En Klerksdorp, Klerksdorp, 2640, Noordwes

GPS: 27°1’12”S and 26°13’45”E

You Might Also Like: