Umngazi River Bungalows & Spa

June 21, 2018

 

Umngazi River Bungalows is hoog teen die Umngazi-heuwelhang geleë met 'n asemrowende uitsig oor die kus en bied gaste 'n rustige ervaring wat enige ander plek moeilik sal klop. Ons toegewyde, professionele terapeute is byderhand met 'n volle reeks spa-behandelings en terapieë. Elke terapeut se behandelingskamer het 'n private spa-bad wat dieselfde skilderagtige uitsig op die strand en die oseaan het. Hier kan jy heerlik ontspan en afskakel terwyl jy soos 'n koninklike behandel word.

 

Ons bungalows is gerieflik en is smaakvol ingerig. Daar is 6 verskillende kategorieë: Garden, River, Sea, Emlonyeni, Honeymoon en Ntabeni. Die Sea-, River- en Garden-bungalows is kindervriendelik. Die Honeymoon-, Emlonyeni- en Ntabeni-bungalows is eksklusief vir volwassenes. Geriewe in die eenhede sluit in buitelug-storte en -baddens, dakwaaiers, kluis, tee- en koffiemaakgeriewe, kampkotte, yskassies (beperkte beskikbaarheid), strykgeriewe, Die Emlonyeni-, Honeymoon- en Ntabeni-bungalows het yskassies en haardroërs.

 

Kontak Nommer:  +27 (0) 47 564 1115/ 6/ 8/ 9

Webwerf: http://www.umngazi.co.za  

Epos: requests@umngazi.co.za

Address: Umngazi River Bungalows, Port St Johns, 5120, Oos-Kaap

GPS: S 31 36.680 - E 29 25.938

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

You Might Also Like:

Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm

September 30, 2019

Zwartmodder

May 28, 2019

1/15
Please reload