De Wingerd Wijnland Lodge

June 21, 2018

 

De Wingerd Wijnland Lodge skuil in 'n stil woonbuurt in die hartjie van die Kaapse Wynlande. Besoekers wat hier tuisgaan word bederf met uitsigte oor die Grande Roche Wingerde en die ontsagwekkende Hottentots-Hollandberge.

 

Akkommodasie is beskikbaar in 'n luukse kothuis en 4 kamers wat goed ingerig is en beskik oor en suite-badkamers. Al die kamers en die kothuis het uitsigte oor die pragtige tuin en die swembad. Die eiendom is veilig en gaste het gratis toegang tot WiFi. De Wingerd word besit deur 'n Belgiese paartjie wat mal is oor Afrika en absoluut bekoor is deur hierdie huis toe hulle dit die eerste keer gesien het. Hulle het sommer net daar besluit om dit te omskep in 'n puik lodge. 'n Buffet-ontbyt word elke dag op die hoofterras voorgesit.

 

Kontak Nommer:  +27 021-868 1994

Webwerf: http://www.wingerd.co.za

Epos: info@wingerd.co.za

Address: 7 Waltham Cross Straat, South Paarl, Paarl, 7646, Wes-Kaap

GPS:

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

You Might Also Like:

Beach Forest Lodge

March 13, 2020

Marloth Park Sanbonani

March 5, 2020

1/15
Please reload