African Vineyard Guesthouse

June 21, 2018

 

African Vineyard Guesthouse & Wellness Spa is naby Upington en Keimoes in die Noord-Kaap en dit is in die luisterryke wingerde van Kanoneiland in die Groen Kalahari-streek geleë. Dit is die ideale plekkie vir gaste wat op pad is na die Kgalagadi Transfrontier Park, die Augrabies-watervalle, Riemvasmaak en Namakwaland gedurende die blomseisoen. Ontsnap na hierdie eilandjie met sy stadige leefstyl op 'n rosyntjieplaas.

 

Verblyf word aangebied in 12 ruim en pragtig ingerigte kamers, in opsies wat verskil van standaard tot luuks. Elke kamer maak oop op die groen oase van die tuin wat wemel van voëls. Ons het onlangs 'n Welwees-spa bygevoeg met unieke Kalahari-produkte. Meeste van die unieke, gemaklike en elegante kamers kyk uit oor die pragtige tuin met sy swembad en die voëls sal jou toesing terwyl jy jou liggaam en siel verkwik en verfris in hierdie absolute paradys.

 

Kontak Nommer:  +27 83 461 1724

Webwerf: http://www.africanvineyard.co.za

Epos: africanvineyard.info@gmail.com

Address: Erf 79, Kanoneiland, 8802, Noord-Kaap

GPS: S28° 39' 22. 3 / E21° 04' 41. 1 S28° 39.372 / E21° 04.685

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

You Might Also Like:

Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm

September 30, 2019

Zwartmodder

May 28, 2019

1/15
Please reload