Moolmanshoek Private Game Reserve


Moolmanshoek Private Game Reserve is naby Ficksburg in die Vrystaat geleë. Die reservaat is in 1994 as 'n Natuurlike Erfenisgebied (No 199) verklaar, hoofsaaklik weens die skaars bergbamboes wat in die vallei groei. Kom deel dié stukkie paradys vir 'n paar dae saam met ons.

Die wildreservaat is baie trots op hulle goed ontwerpte Sandstone Lodge wat uit 16 en suite-slaapkamers ontstaan. Die meeste suites het kaggels of Queen Ann-stowe terwyl die executive suites toegerus is met ondervloerse verhittting. Gaste kan gebruik maak van die biljartkamer, eerlikheidskroeg, biblioteek en sonkamer bo met 'n asemrowende uitsig oor die reservaat en berge.

Kontak Nommer: 051 933 3729

Webwerf: http://www.moolmanshoek.co.za

Epos: info@moolmanshoek.co.za

Address: Ficksburg, Ficksburg, 9730, Vrystaat

GPS: 28 37’58 S 27 59’56 E

You Might Also Like: