Monate Game Lodge


Monate Game Lodge is 'n moderne, luukse lodge waar gaste die rustige bosveld kan ervaar en terselfdertyd ook lekker bederf kan word. Dié lodge skuil in 'n goed versorgde natuurtuin op 'n privaat wildreservaat in Limpopo wat sowat 2000 hektaar beslaan en minder as 2 uur se ry vanaf Pretoria en Johannesburg is. Dis 30 minute vanaf die Kranskop-tolhek in Modimolle (Nylstroom).

Monate Game Lodge beskik oor 'n helikopterblad en graslandingstrook en huurvliegtuie kan ook gereël word. Gaste wat invlieg kan maklik geakkommodeer word. Wild, soos buffels, leeus, kameelperde, seekoeie, sebras en wildsbokke is volop. Amper 50% van alle voëlspesies in Suid-Afrika kom hiér voor, 'n ware voëlkykparadys en wildfotografie.

Kontak Nommer: +27 14 718 7000

Webwerf: http://www.monatelodge.com

Epos: info@monatelodge.com

Address: Boekenhoutpad, Wikoppie Plaas 596kr, Modimolle, 0510, Limpopo

GPS: S 24.74525 | E 28.66750

You Might Also Like: