De Oude Huize Yard


De Oude Huize Yard, met sy pragtige tuin en skilderagtige uitsigte oor Platberg, bied 'n idilliese wegbreekplek. Hierdie gastehuis is in Harrismith, net 3 ure vanaf Johannesburg in die noorde, 3 ure vanaf Durban in die suide en 3 en 'n halfuur se ry vanaf Bloemfontein in die weste.

Die kamers is versier met antieke meubels en moderne geriewe wat sorg vir gerieflike verblyf. Die huis is meer as 155 jaar oud en die kamers word met kaggels verhit, die vloere is van oregondennehout en die baddens van gietyster. Seep en japonne word voorsien. Boeke en skaak is ook beskikbaar en al die kamers het en suite-badkamers met aparte baddens en/of storte en privaat ingang.

Kontak Nommer: 082 264 2763

Webwerf: http://deoudehuize.co.za

Epos: stay@deoudehuize.co.za

Address: 17A Stuart Street, Harrismith, South Africa, 9980

GPS:

You Might Also Like: