Alpine Attitude Boutique Hotel


Alpine Attitude Boutique Hotel se interessante argitektuur en dekor maak dit anders as ander hotelle. Dit spog met ontwerpe van plaaslike kunstenaars, tesame met hipermoderne lyne en kontemporêre dekor. Die treffende wit boom by die ingang en die glashek is maar net 'n voorsmakie van dit wat binne wag. Sandra Bodard is verantwoordelik vir die luukse binneversierings. Die unieke en sjiek versierings maak dit 'n gewilde bestemming vir plaaslike en internasionale besoekers.

Hierdie boetiekhotel is 'n gesogte instansie, met elegante konferensiegeriewe vir tot 60 gaste in 2 kamers en ontwerpersverblyf vir tot 27 gaste in 7 kamers en 5 luukse woonstelle. Die hotelkamers is elkeen smaakvol versier deur 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar volgens 1 van 7 temas: Afrika, swart en wit, "funky", leer, klippies, deurskynend en natuur.

Kontak Nommer: 012-348-6504

Webwerf: https://www.alpineattitude.co.za/

Epos: sleep@alpineattitude.co.za

Address: 522 Atterbury Road Menlo Park Pretoria

GPS:

You Might Also Like: