Timamoon Lodge

June 19, 2018

 

 Timamoon is 'n lieflike wegbreekplek hoog teen die heuwels, omring deur woude en net 'n kort entjie van die Krugerwildtuin en Blyderivierspoort af. Elkeen van die luukse Marokkaanse en Zanzibariese villas is romanties en privaat en het 'n muskietnet, hemelbed, groot kaggel en 'n bad.

 

Van die privaat swembad af is daar eindelose uitsigte oor die berge in die verte en die vallei waar die Sabierivier vloei en die langkuifarend rondsweef. Gaste kan 'n piekniek geniet aan die oewer van die rivier onder 'n waterval, gevolg deur 'n privaat massering in jou eie villa. Heerlike kersligetes word bedien deur uitstekende sjefs in 'n eksotiese restaurant. Die restaurant is op stelte gebou langs 'n klein dammetjie wat uitkyk oor die tropiese tuin. Aandete sluit af in die sigaarsitkamer met sy magiese atmosfeer.

 

Kontak Nommer: +27 (0) 13 492 0033

Webwerf: http://www.timamoonlodge.co.za

Epos: info@timamoonlodge.co.za

Address: R536 Sabie, Hazyview-pad, Hazyview, 1242, Mpumalanga

GPS:

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

You Might Also Like:

Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm

September 30, 2019

Zwartmodder

May 28, 2019

1/15
Please reload