Tussen-I-Bome Gasteplaas


Tussen-I-Bome Gasteplaas bied ‘n bekoorlike ossewa-oord sowat 26 km buite Montana in Pretoria op die R573 KwaMahlango/Moloto-pad. Die gasteplaas val binne die groter Dinokeng streek en is sowat 30km vanaf die Dinokeng Groot 5 Wildsreservaat en ook naby die geskiedkundige dorpie van Cullinan (met ‘n werkende diamant myn) asook die Roodeplaat Dam.

Hierdie wildsplaas bied ‘n regte Bosveld-karavaanpark en -kampeerterrein met water en elektrisiteit by elke beskutte staanplek. Daar is slegs 6 staanplekke beskikbaar en daar is gerieflike ablusiegeriewe en opwasgeriewe. Die staanplekke is almal naby aan die ablusiegeriewe geleë.

Kontak Nommer: 082 511 1169

Webwerf: http://www.tussenibome.co.za

Epos: info@tussenibome.co.za

Address: Dinokeng – Tshwane

GPS: S 025.30’49.825 E 028.27’785

You Might Also Like: