Sionbergh Kampterrein


Sionbergh Kampterrein is ‘n pragtige kampplek geleë in die hartjie van die Suikerbosrand digby die Suikerbosrand Natuurreservaat, op ‘n plaas net buite Heidelberg, Gauteng. Die rustige atmosfeer maak dit die ideale wegbreek vir kampers en gesinne wat ‘n bietjie wil wegbreek van die gewoel van die stad. Die kampplek het lowergroen grasperke. Elke staanplek is toegerus met elektrisiteit en het ‘n pragtige uitsig oor die dam. Die moderne ablusiegeriewe en opwasarea word daagliks gediens. Die oord het ‘n groot soutwater swembad en baie aktiwiteite om kinders besig te hou. Daar is ‘n klimraam, hindernisbaan en ‘n swembad vir die kinders en kampers kan ook gaan stap, visvang en bergfiets ry. Daar is ‘n plaaswinkel op die terrein wat basiese benodighede verkoop.Kom kuier gerus by Sionbergh Kampterrein en herontdek die skoonheid van die natuur. Die oord is ideaal vir Christelike kampe, vroue / mannekampe, jeugkampe, gesinskampe, belydeniskampe, karavaan kampe en reunies. Die bestuur van Sionbergh kan nie wag om julle te verwelkom by die kampterrein nie!

Kontak Nommer: 079 491 7919

Webwerf: http://sionbergh.co.za

Epos: info@sionbergh.co.za

Address: Rivierdraai Boerdery

Part 13 / 381

Schikfontein

Heidelberg

GPS: S 26°33”26.7”

E 28°16”55.1”

You Might Also Like: