Riverrun Vakansieoord


RiverRunResort is op die Vaalrivier geleë met ‘n asemrowende natuurskoon in die Vredefort Koepel. Ons is dierevriendlik en het ook baie om te doen vir die kinders. Ons badkamers is 5 ster en die Oord is altyd skoon en netjies. Daar is 2 swembaddens by die oord en ‘n winkeltjie wat lekker roomys verkoop sowel as hout en ys. Die Rivier Tubes is ‘n MOET vir klein en Groot. Kom dryf lekker rustig af met die rivier en spat mekaar nat vir pret en plesier. Kom braai en swem en speel lekker hier by ons!

Elke staanplek het n 6×6 Plaveisel Blok , Braai op elke staanplek , Water en standaard Elektrisiteit punte . Daar is 16 rivier oewer staanplekke en die ander staanplekke is net agter hierdie plotte geleë.

Kontak Nommer:: 072 457 6260

Webwerf: http://www.riverrunresort.co.za/

Epos:: bookings@riverrunresort.co.za

Address: Vrystaat

GPS: S 26.952710 E 27.178328

You Might Also Like: