Oranjerus Resort


Oranjerus Resort is aan die oewer van die Oranjerivier in die dorpie, Kanoneiland in die Groen Kalahari geleë. Dit is net 30 km buite Upington en die perfekte oornagplek vir gaste wat die Kgalagadi-oorgrenspark, die Augrabies-watervalle, Riemvasmaak en die Namakwaland in blommetyd wil besoek. Die oord bied 'n hele rits bekostigbare opsies. Gaste kan kies tussen verblyf in die Sakpas-chalets, Besigheidskamers, Luukse chalets, Rivier-chalets, Tentverblyf en Houthuisies. Al die eenhede beskik oor lugversorging, TV's, koffie- en teemaakgeriewe en yskassies.

Kontak Nommer: 082 772 5896

Webwerf: http://oranjerus.com

Epos: oranjerus@mweb.co.za

Address: R359, Plot 152, Kanoneiland, 8806, Noord-Kaap

GPS:

You Might Also Like: