Onverwags Wildsplaas


Onverwags Karavaanpark is in die Brits omgewing geleë – in die Noord-Wes provinsie. Die Karavaanpark is in ‘n rustige bosveld omgewing geleë, weg van die stadsgewoel. Daar is sowat 16 spesies inheemse bome op die wldsplaas en die mak wild sluit die volgende in: Kameelperde, Kudu, Rooihartbees, Swartwitpens en vele meer. Onverwags Karavaanpark is ook baie gewild onder voël-liefhebbers, aangesien die omgewing ongerep is met ‘n groot verskeidenheid voëls en watervoëls by die plaasdam (pragtige uitsigte). 45 Staanplekke in totaal, waarvan daar 40 lowergroen gras staanplekke is en ‘n verdere 5 staanplekke met grondbedekking. Die ablusie geriewe is 5 ster kwaliteit. Die staanplekke is geskik vir vir woonwaens, boswaens, motorwoonwaens of tente.

Kontak Nommer: +27 (0) 82 899 1900

Webwerf: http://www.onverwags.co.za/

Epos: onverwags@xpressgt.co.za

Address: North West - Bojanala

Brits - 25km | Pretoria - 78km

GPS:

You Might Also Like: