
Namastat Lodge and Caravan Park is ongeveer 4 km buite Springbok op die N7 geleë. Die lodge bied verblyf in 4 selfsorg-chalets en daar is ook 25 staanplekke vir kampeerders. Elke chalet bied slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Geen ekstra gaste of besoekers word toegelaat nie, tensy dit met die bestuur gereël word. Elke chalet beskik oor 'n dubbelbed en 'n stapelbed - linne en handdoeke word voorsien. Daar is ook 'n mikrogolfoond, broodrooster, ketel, 'n yskassie en basiese braai- en kombuistoebehore in elke eenheid. Daar is ook braaigeriewe beskikbaar. Die chalets deel ook die ablusie-, opwas- en kombuisgeriewe met die kampeerterrein. Die chalets word nie skoongemaak nie. Daar is warm water by die gemeenskaplike kombuisarea vir skottelgoed was.
Kontak Nommer: 027 718 1832
Webwerf: https://namastatlodge.co.za
Epos: book@namastatlodge.co.za
Address: Voortrekker St, Springbok, 8240, South Africa
GPS: s29 41 20.9, e17 53 06.2