Bosfontein


Bosfontein woonwa oord is op ‘n klein plasie geleë tussen Bela-Bela en Modimolle. Een van die twee natuurlike fonteine in die Tweefontein geskiedkundige area kan hier gevind word.

Bosfontein beskik oor 53 skaduryke woonwa staanplekke met 10A kragpunte en waterkrane. Sommige staanplekke het plaveisel. Die ablusiegeriewe bestaan uit mans en dames badkamers met ‘n spesiale badkamer vir kleingoed in die dames badkamer, opwasgeriewe en chemiese toilet spoelgeriewe.

Vier eksklusiewe gesinsbadkamers (nie privaat badkamers) is teen ‘n ekstra koste beskikbaar.

‘n Luukse chalet wat 4 persone kan huisves is ook beskikbaar.

Kontak Nommer: 083-741-9097

Webwerf: http://www.bosfontein.co.za

Epos: info@bosfontein.co.za

Address: Waterberge

GPS:

You Might Also Like: