ATKV Natalia


ATKV Natalia bied gerieflike selfsorgverblyf na aan die strand teen KwaZulu-Natal se suidkus. Dit is net 40 km suid van Durban se middestad en net 5 km van Winkelspruit af.

Verblyf word aangebied in 'n verskeidenheid ruim, huislike en gemeubileerde woonstelle wat toegerus is vir selfsorg. Sekere van die woonstelle het see-uitsigte, sommiges het balkonne en hulle het slaapplek vir 2 tot 6 gaste in elk. Al die eenhede beskik oor 'n badkamer met 'n bad en/of stort, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n kombuisie en leefarea. Die grondvloer-eenhede het 'n buite-patio met 'n tafel en stoele. Beddegoed en handdoeke word elke vierde aand geruil en gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring. Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Ander oord-geriewe en -doendinge sluit in: mini-gholf, trampoliens, snoeker, visvang en 'n arkade. Die nabygeleë strand het haainette en lewensredders vir veilige swemgeleenthede.

Kontak Nommer: +27 31 916 4545

Webwerf: http://www.natalia.co.za/

Epos: natalia@atkv.org.za

Address: Elizabeth-laan 35, Kingsburgh, Winkelspruit, 4145, KwaZulu-Natal

GPS:

You Might Also Like: