Pabala Game Farm

June 11, 2018

 

Pabala Game Farm lê in die Oos-Kaap op ‘n plaas in die Loerie-distrik, tussen die Tuinroete en die Baviaanskloof. Die plaas is slegs sowat 30km vanaf Jeffreysbaai geleë. Die oop landskappe is asemrowend. Die groot terrasse is ideaal vir gaste wat wil kyk hoe die wild daagliks na die nabygeleë watergat optrek om water te kom suip.

Gemaklike selfsorg verblyf word aangebied sowel as luukse tente en kampplekke.
Die Pabala Tented Bush Camp bied 4 kampeerplekke met ‘n ablusieblok. Kom slaan jou tent op op die gras terrasse en verlustig jou in die pragtige uitsigte oor die landskappe en natuur waar die diere vryelik rondloop – die staanplekke word so natuurlik moontlik gehou. Die kampplek area is omhein en bied ‘n veilige omgewing vir die kampers.

Kontak Nommer: +27 42 296 2950

Webwerf: http://pabalaprivatenaturereserve.co.za

Epos: info@pabalagamefarm.co.za                 

Address: Portion 34 of the Farm Kleinfontein 172, Loerie, Eastern Cape

GPS: -33.838017.24, 24.944851

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

You Might Also Like:

Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm

September 30, 2019

Zwartmodder

May 28, 2019

1/15
Please reload