Love Lions Alive Sanctuary

June 11, 2018

 

Love Lions Alive Sanctuary is ideaal vir natuurliefhebbers wat op soek is na 'n stil, unieke ervaring in 'n privaat kamp. Jou gasvrou, Andi, en haar span bly in tente langs 3 leeus in 'n skaduryke boord teen 'n rotsagtige berg se hang. Sluit by hulle aan vir 'n skemerkelkie op 'n rots met 'n uitsig oor die Oos-Vrystaat se skilderagtige valleie en berge, en raak rustig langs die braaivleisvuur.

Love Lions Alive Sanctuary het 3 permatente. Elke tent het is individueel versier en gemeubileer en het slaapplek vir 2 volwassenes. Dit is 'n absolute belewenis om langs die leeukampe te slaap. Die beddens is oorgetrek met warm duvets en al die tente het matte. Handdoeke word voorsien. Dit word baie koud hier, so onthou asb. om warm baadjies en skoene saam te bring.

 

Kontak Nommer: +27 768759720

Webwerf: http://llavolunteer.com

Epos: lovelionsalive@gmail.com

Address: Swinburne Free State

GPS:

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

You Might Also Like:

Beach Forest Lodge

March 13, 2020

Marloth Park Sanbonani

March 5, 2020

1/15
Please reload