Drakensville

June 11, 2018

 

Verruil die stadstoneel vir skouspelagtige natuurtonele by die Drakensberge!

Met net ’n rapsie meer as drie uur se ry van Johannesburg en Bloemfontein en sowat twee en ’n half uur van Durban af, lê ATKV-Drakensville-vakansieoord naby die voetheuwels van die Drakensberg-amfiteater, ’n wêrelderfenisgebied.

ATKV-Drakensville, ’n mekka van asemrowende uitsigte, word omring deur historiese landmerke en bied toegang tot talle toeristeaantreklikhede in die omgewing.

Die oord het ’n verskeidenheid akkommodasie, avontuur-aktiwiteite, ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskos-, koffie- en geskenkwinkel.

Die Drakensville-kampeerterrein beskik oor geplaveide staanplekke en welige grasperke toegerus met uitstekende opwas- en ablusiefasiliteite. Elke staanplek het ’n 15 amp-kragpunt en eie braaigeriewe.

Kontak Nommer: +27 36 438 6287

Webwerf: https://www.atkvresorts.co.za/

Epos: drakensville@atkv.org.za

Address:  Drakensberg / Bergville

GPS: S 28.613120 E 29.124420

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

You Might Also Like:

Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm

September 30, 2019

Zwartmodder

May 28, 2019

1/15
Please reload