
Ukuthula Lodge is 'n besonderse privaat wildreservaat van 300 hektaar wat teen die hange van die Karkloof lê en uitkyk oor die Albert Falls-dam. Dié lodge het 6 grasdak-chalets wat elkeen selfsorgverblyf aan 4 gaste bied. Elke chalet is in neutrale Afrika-kleure getooi om 'n rustige en ontspanne atmosfeeer te skep. Die lugtige kamers bied toegang tot die boonste houtdek met wonderlike uitsigte. Wees op die uitkyk vir njalas, koedoes, waterbokke, sebras, kameelperde, elande, blouwildebeeste, duikertjies, tierboskatte, rooikatte, muskejaatkatte, rooijakkalse, vlakvarke en tientalle voëlsoorte. Jag-aktiwiteite word nie toegelaat op die perseel nie en daarom kan diere te voet bekyk word.
Kontak Nommer: + 27 (0)82 450 6507
Webwerf: http://www.ukuthula-lodge.co.za
Epos: info@ukutula.com
Address: Otto's Bluff Pad, Otto's Bluff, Pietermartizburg, 3231, KwaZulu-Natal
GPS: S 25 31' 19.0 E 27 40' 25.3