
De Oude Meul Country Lodge lê knus teen die hange van die majestueuse Swartberge in die pragtige Schoemanspoort tussen Oudtshoorn en die wêreldbekende Kango-grotte op die R328. Dis 'n onvergeetlike ervaring om op hierdie skilderagtige plaas op die Tuinroete te oornag. Die berge is oortrek met die kenmerkende plantegroei van die Klein-Karoo - dit omring die lodge en skep 'n rustige atmosfeer. Verskeie toeriste het die eienaars Boy en Marianne verseker dat hulle nooit hemel toe sal gaan nie, want hulle woon alreeds in die paradys!
Kontak Nommer: +27 (0) 83 900 7970
Webwerf: http://www.deoudemeul.co.za
Epos: deoudemeul@mweb.co.za
Address: Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
GPS: -33.460434, 22.252394