Black Leopard Camp


Black Leopard Camp is in die malaria-vrye Thaba Tholo Wildernis van 6000 hektaar geleë en dit is die tuiste van 'n verskeidenheid soogdiere, voëls en flora. Die luukse bostent-lodge word besit en bestuur deur Alan, Lynsey en die bestuurspan wat daarna uitsien om gaste by hierdie unieke lodge en ligging te verwelkom. Kom geniet 'n verwelkomingsdrankie op die swembad-dek met die kabbelende stroompie onder jou en 'n rotswand wat 500 m bo jou uitstrek. Aandag aan detail is aan die orde van die dag hier en soos gaste hulself tuismaak in ons luukse tent-eenhede kan hulle die heel beste nagrus verwag op ons koninggrootte-beddens! Elke eenheid is en suite met 'n wonderlike buite-badkamer met 'n stort en 'n Victoriaanse bad met bal-en-klou-detail. Geniet 'n glasie wyn, week in die bad en vergeet van die alledaagse bekommernisse en gejaag terwyl jy die pragtige uitsigte geniet.

Kontak Nommer: +27(0)82 6929665

Webwerf: http://www.blackleopardcamp.com/

Epos: info@blackleopardcamp.com

Address: Thaba Tholo Wilderness,

R37 Burgersfort Road,

Lydenburg District,

Mpumulanga, South Africa, 1125

GPS: (S 24°58'16.4" E 30°22'47.4")

You Might Also Like: