Rapids Country and Eco Estate

June 1, 2018

 

Rapids Country and Eco Estate is 12 km buite Belfast in die hartjie van die Middellande geleë. Dit is perfek vir ’n gesin of 'n groep vriende. Die bekoorlike dorpie Dullstroom is net 40 minute se ry hiervandaan en is beslis die besoek werd.

Dié lodge het 2 eenhede wat elkeen 2 en suite-slaapkamers het. Kamer 1 het 'n koninggrootte-bed. Kamer 2 en 3 het elkeen 2 driekwartbeddens. Kamer 4 beskik oor 'n dubbelbed. Linne word voorsien. Enkelmatrasse is beskikbaar vir kinders wat die kamer met hul ouers deel en gaste moet hul eie linne en handdoeke vir die kinders saambring. Elke kamer het 'n privaat badkamer met 'n stort, bad, en 'n toilet. Die eenhede is elkeen ingerig met eetgerei en breekware vir 4 gaste. Elke eenheid het 'n groot braaistoep met 'n tafel, stoele en 'n Weber-braaier. Rapids is ideaal vir groepbesprekngs en beskik oor 'n gemeenskaplike gasbraai, vuurput en kaggel.

 

 

Kontak Nommer: 073 227 7550

Webwerf: http://www.rapidscountryestate.co.za

Epos: johan.venter@rapidscountryestate.co.za

Address: Rapids Country Estate, Belfast, 0100, Mpumalanga

GPS:

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

You Might Also Like:

Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm

September 30, 2019

Zwartmodder

May 28, 2019

1/15
Please reload