Nambiti Plains


Die Nambiti Plains Lodge is 'n eksklusiewe, 'n 5 ster-, 14 bed-lodge, omring deur die flora en fauna van die prentjiemooi, malaria-vrye Nambiti Wildreservaat. Hierdie 22 000 hektaar-reservaat is die enigste een in die omgewing met die Groot 5 en het tans meer as 40 wildspesies insluitend die jagluiperd, kameelperd, seekoei, hiëna, impala, eland en sebra. Die reservaat se ongelooflike biodiversiteit sluit savanna, doringveld, oewerbos, majestueuse akasia-bome en uitgestrekte grasvlaktes in wat herinner aan die vlaktes van sentraal-Afrika. Die oorvloed natuurlike water, standhoudende riviere en pragtige watervalle langs die Sondagsrivier maak Nambiti 'n unieke bewarea wat skaars voëlspesies en verskeie roof- en aasvoëlspesies lok.

Kontak Nommer: +27 (0) 87 170 0716

Webwerf: http://www.nambitiplains.com

Epos: info@nambitiplains.com

Address: Nambiti Wildreservaat, Elandslaagte, Ladysmith, 3370, KwaZulu-Natal

GPS: S 28°25′ 27.04″ E 29°58′ 58.22″

You Might Also Like: