OuKlip Game Lodge


OuKlip Game Lodge kry sy naam by die gewilde rotsformasies in die area. Dit is in Dinokeng Big 5 Wildreservaat, 'n malaria-vrye area van 18 500 hektaar, geleë. Die reservaat is omtrent 50 km van Pretoria af langs die N1 naby aan Hammanskraal. Die privaat eko-lodge verseker 'n onvergeetlike tydjie vir toeriste en gesinne. OuKlip Game Lodge het 8 luukse selfsorg-tente met slaapplek vir 2 tot 4 gaste elk. Al die tente is privaat en het sy eie kombuis, privaat boma en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort vir uiterste ontspanning. Die kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n futon wat in 'n dubbelbed omskep kan word indien nodig. Geniet die buitelug-ervaring in die pragtige inheemse bosveld wat jou help ontspan en kuier lekker om die kampvuur saam met jou vriende en familie onder die sterrehemel.

Kontak Nommer: 071 313 5380 / 082 476 6214

Webwerf Address: www.ouklip.co.za

Address: Plot 59 Fisant Laan, Dinokeng Game Reserve, Hammanskraal, 0400,Gauteng

GPS: 25°23'27.9"S 28°23'44.7"E

You Might Also Like: