OuKlip Game Lodge

May 31, 2018

 

OuKlip Game Lodge kry sy naam by die gewilde rotsformasies in die area. Dit is in Dinokeng Big 5 Wildreservaat, 'n malaria-vrye area van 18 500 hektaar, geleë. Die reservaat is omtrent 50 km van Pretoria af langs die N1 naby aan Hammanskraal. Die privaat eko-lodge verseker 'n onvergeetlike tydjie vir toeriste en gesinne.

OuKlip Game Lodge het 8 luukse selfsorg-tente met slaapplek vir 2 tot 4 gaste elk. Al die tente is privaat en het sy eie kombuis, privaat boma en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort vir uiterste ontspanning. Die kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n futon wat in 'n dubbelbed omskep kan word indien nodig. Geniet die buitelug-ervaring in die pragtige inheemse bosveld wat jou help ontspan en kuier lekker om die kampvuur saam met jou vriende en familie onder die sterrehemel.
 

Kontak Nommer: 071 313 5380 / 082 476 6214

Webwerf Address: www.ouklip.co.za

Address: Plot 59 Fisant Laan, Dinokeng Game Reserve, Hammanskraal, 0400,Gauteng

GPS: 25°23'27.9"S 28°23'44.7"E

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

You Might Also Like:

Beach Forest Lodge

March 13, 2020

Marloth Park Sanbonani

March 5, 2020

1/15
Please reload