Noord- Kaap

Die Noord-Kaap (Engels: Northern Cape, Tswana: Kapa Bokone, Xhosa: Mntla-Koloni) is die grootste en mees ylbevolkte provinsie van Suid-Afrika. Die hoofstad en grootste stad is Kimberley. Die provinsie is gestig toe die ou Kaapprovinsie in 1994 in die drie nuwe provinsies Wes-, Oos- en Noord-Kaap verdeel is.

Ander belangrike plekke is Upington, Carnarvon, Colesberg, De Aar, Kuruman en Springbok. Suid-Afrika se koudste dorp, Sutherland, het 'n sterrewag wat al hoe belangriker word as 'n astronomiese observasiesentrum van wêreldklas.

May 28, 2019

The Dogstone Cottage bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde houthuisie in Hondeklipbaai, stapafstand vanaf die strand.

Dié kothuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 en suite-badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer...

May 13, 2019

Villa Borghesi is 'n pragtige gastehuis wat lekker sentraal in Upington geleë is naby die Oranjerivier se oewer. Ons is naby die middedorp en 10 minute se ry van die lughawe af, ideaal vir sakereisigers. Dis ook ideaal om as basis te gebruik om besienswaardighede in di...

February 13, 2019

Plato Lodge is 'n luukse lodge in Augrabies en dit is die perfekte plekkie om te kom rus en na die sterre te kyk. Dit is ongeveer 40 km vanaf Augrabies Nasionale Park en dit is op pad na die pragtige blomme in Namakwaland.


Daar is 5 dubbelkamers. Elke kamer het 'n koni...

February 5, 2019

Liesel en Hannes nooi jou uit om luukse gerief en 'n rustige, vreedsame atmosfeer te ervaar. Libby's Lodge word 'hoogs aanbeveel' deur die AA en is sentraal in 'n veilige buurt geleë. Dit is naby die sentrale sakekern, hospitale, skole en die lughawe. Kom ervaar bobaas...

February 5, 2019

Die soliede hout- en grasdakstruktuur van die lodge pas mooi in by die Noord-Kaapse landskap.

Diggies Lodge bied gerieflike, ongekunstelde verblyf minder as 5 km van Kimberley se lughawe af.

Verblyf is beskikbaar in standaard-, dubbel- of koninggrootte-kamers. Al die kam...

January 30, 2019

Van Zylsvlei B&B is 6 km noord van Colesberg aan die regterkant van die N1 geleë. Dis 'n klein plaas met baie veilige oornag-akkommodasie en baie oop ruimtes waar die kinders hulself kan geniet sonder dat ouers hulself hoef te bekommer.

Adres  :  Philippolis-weg, Colesb...

January 21, 2019

Vir luukse akkommodasie bied ons met trots die Moonriver Gastehuis wat geleë is aan die oewer van die Oranjerivier.
 

Geniet 'n glasie sjampanje terwyl jy ontspan in 'n ou Victoriaanse bad en Jacuzzi, of aanskou een van die asemrowende sonsondergange vanaf ons uitgestre...

January 15, 2019

Sperrgebiet Lodge is op die plaas Sperrgebiet wat 10 km buite Springbok, 2,3 km vanaf die N7, in die pragtige Namakwaland geleë is.  Die plaas is geleë tussen berge en koppies bespikkel met kokerbome in die skilderagtige semi-woestyn.

Ons bied verblyf in 4 selfsorg-eenh...

January 8, 2019

Die Heks se Huis is 'n gesellige kothuis wat in Sutherland geleë is. Dié dorpie is bekend vir van die wêreld se helderste en donkerste nagte, hoofsaaklik omdat dit so afgeleë is en 1 458 m bo seespieël is. Daarom het Sutherland die Suid-Afrikaanse Sterrewag se teleskop...

June 4, 2018

Oranjerus Resort is aan die oewer van die Oranjerivier in die dorpie, Kanoneiland in die Groen Kalahari geleë. Dit is net 30 km buite Upington en die perfekte oornagplek vir gaste wat die Kgalagadi-oorgrenspark, die Augrabies-watervalle, Riemvasmaak en die Namakwaland...

Please reload