Wen 'n Naweek weg vir 5! 

‘n Ware boskamp is ‘n kamp in die bos waar jy een word met die bos – dit is dan wanneer jy dit waardeer en die lewe van die bos ervaar.  

 

Hier moet jy ten volle self onderhoudend wees met alle geriewe.  U word voorsien van ‘n vuurpit en water reservoir met vars water.  Jou boswa en / of bos karavaan sal tot sy reg kom in hierdie omgewing sonder om dit ver tot in Botswana te sleep.  U sal die totale spektrum van wild op hierdie jagplaas ervaar en beleef en as jy jou mooi gedra sal hulle selfs kom hallo sê.  Kom voel hoe die nag insluip en die dag breek deur die bosveld bos. Geen kragopwekkers asseblief, die diere se ore is baie sensitief.  Kom geniet die ongrepte Bosveld in sy volle glorie.